Modules
Module 01: Tegnieke en Kunsbewegings
Gedurende hierdie module fokus die werkswinkels op die verskillende kunsbewegings deur tyd. Dit word op 'n opwindende manier aan die leerders verduidelik en met elke nuwe kunsbeweging word 'n nuwe kunstegniek geleer. Die leerders interpreteer dan hul eie kunswerk met die betrokke tegniek en fokus op die spesifieke Kunsbeweging as tema.
​
Kunstegnieke soos Akrielverf, Linodruk, Silkscreen, Collage, Monoprint en Beeldhou tegnieke vorm deel uit van die Module.

Module 02: Portretstudie in lyn en vorm
In hierdie module, word leerders tydens die werkswinkels stap vir stap blootgestel aan die proses om hul eie selfportret te skep. Leerders se ouderdom en vlak van tegniese vaardighede word in ag geneem.
Daar word 'n verskeidenheid van materiale en mediums gebruik om die leerders hieraan bloot te stel.
​
In elke werkswinkel word "die portret" op 'n nuwe manier en deur 'n verskillende medium verder ontdek.
​
​

Module 03: Waterverf en illustrasie
Gedurende die werkswinkels in hierdie module, word leerders geneem op 'n kreatiewe reis deur die wereld van boeke en illustrasies. Ons ontdek saam hoe 'n storie geskryf en weergegee word. Leerders leer om stories visueel te interpreteer. Leerders word blootgestel aan "Kuns-boeke" bv konsertina boekies en "Pop-up" Kuns boeke.
​
Die verskillende Elemente in Kuns en Ontwerp word as deel van die module aan die leerders bekendgestel.
​
Aan die einde van die module is daar geleentheid vir leerders en/of ouers om 'n dag mee te maak by die Grootste Kuns-Boekversameling in die Suidelike halfrond. Leerders kry 'n privaat begeleide toer van WITS se Kuns-Boekversameling.
